Oudskoliere ploeg terug
Yolanda Nel
>
’n Groep oudskoliere van die Primêre Skool M.H. Greeff het besluit om geld vir die skool in te samel.
Volgens ’n oudskolier, Karin Martin, het hulle reeds met die insameling begin. “Die geld wat ons insamel, gaan gebruik word om die skool in stand te hou,” sê sy. Hulle het juis besluit om terug te ploeg in hulle alma mater, omdat dit ’n regeringskool is en geld vir isntandhouding regoor die land vir skole maar min is.
“Ons het lootjies by die skool te koop en die boekies is reeds aan die skool besorg,” sê sy.
Hulle is ook opgewonde om ’n verskil te maak – nie net by die skool nie, maar ook vir elke leerling wat tans daar skoolgaan.
Daar is hope pryse op die spel, insluitend ’n allemintige N$20 000 vir die eerste plek, ’n lugverkoeler en installasie as tweede prys en ’n gemsbok karkas as derde prys.
Kaartjies kos N$100 elk.
Vir meer inligting of om lootjies te koop, kan die skool by 061 213 227 gekontak word of stuur ‘n epos aan [email protected].

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie