Op die web

Dani Booysen
“Covid-19-entstowwe: Die kaf van die koring”:

Die belaglikheid van hierdie samesweringsteorieë wat mense so paranoïes maak, laat my lag! – Hester Ecklebeb

“Tannie Lettie 'het 'n verskil gemaak'”:

Totsiens Tannie Lettie, dit was ‘n eer om u te ken. – Sakkie Prinsloo

“Oliesoektog: D-dag vir besware om die draai”:

Dit is ongelooflik dat die Namibiese regering so ‘n selfmoord pleeg teenoor die toerismebedryf, die natuurskoon, fauna en flora, die vars water vergiftig, deur permitte en lisensies vir olie- en gasprospekteer in a World Heritage Area uit te deel. Hoe is dit moontlik as Duitsland deur die Duitse KfW Bank jaarliks duisendende euros spandeer vir natuurbewaring en ontwikkeling in Namibië. Ongeag van die hulp en finansiering deur Duitsland, besluit die regering om vir die vuil oliebedryf van Kanada sulke vuil lisensies om te prospekteer uit te deel. Unesco het al juis vir Botswana en Namibië uitdruklik gevra dat die prospekteerlisensies teruggetrek moet word. Sover het beide lande niks onderneem wat Unesco verlang. Hierdie houding moet in die VN en Statebond op die agenda kom. Die soort arrogante houdings van albei lande moet verwerp word deur die wêreldlande. Die grootpraatery van die Kanadese firma en aanbod van miljoene ten koste van die natuur en omgewing, die plaaslike mense, behoort geen oor te kry by die regering. Is daar miskien ander baie groot prysgelde aangebied? – Klaus Gastrow

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer