Oor monumente en aktiviste

Dani Booysen
CHARL MICHIEL OPPERMAN SKRYF:

So 'n paar jaar gelede is 'n monument in die hoofstad voor die Alte Feste opgerig. Hierdie monument beeld 'n uiters grafiese tentoonstelling van marteling en moord uit.

Ek beskou hierdie uitbeelding meer grusaam as Hentiesbaai se "rommelgalg". Hierdie sogenaamde besorgde groep vind geen fout met hierdie makabere uitbeelding nie. Dit laat ook geen ongemak by hulle oor 'n verlede wat hulle blykbaar graag wil vergeet nie.

Dit op sigself spreek boekdele van hierdie groep se ware intensies.

'n Mentaliteit van vernietiging en afbreek is so eie in vandag se tye. Dit is mense wat skuil agter sogenaamde geregtigheid om meer skade te doen as om 'n positiewe verskil in ons mooi land te maak.

Help eerder om ons stad skoon te maak en betoog eerder oor die verval wat orals om ons sigbaar is.

Kommentaar

Republikein 2026-07-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer