Oor kamerade en die Christelike geloof

Mandy Rittmann
BOY MTSWENI SKRYF:

Die woord “comrade” word gebruik deur kommuniste: Russe en Chinese.

Kommuniste is in feite aanhangers van Lenin, wat onder andere gesê het godsdiens is opium (gif) vir die volk. Lenin was ’n ateïs – teen God.

Kommuniste is ook aanhangers van Mao tse Toeng, wat onder andere gesê het: Mag kom deur die loop van ’n geweer, met ander woorde: skiet die een wat nie saamstem nie. Die benadering was ook gehuldig toe onder andere Cornelius Ndjoba en Clemens Kapuuo vermoor is.

Skiet dood, eintlik “slag”, was onlangs gesê deur “comrade' Shalli, afgetrede weermaghoof.

Wat Lenin, Mao tse Toeng en Shalli gesê het, was en is beslis nie christelik nie.

Tog het verreweg die grootste deel van die Namibiese bevolking die afgelope 30 jaar “comrades” gekies om die nasie te lei. Daar word beweer dat tussen 70% en 90% van Namibiërs Christene is.

Hoe op dees aarde kies jy dan kommuniste as jou leiers? Verwerp Christene dan ook vir God?

Het dit nie tyd geword dat die Christene van Namibië trou gaan bewys aan God en nie weer gaan stem vir diegene wat aanhangers van Lenin en Mao tse Toeng was of is nie, maar stem vir hulle wat luister na die stem van die Here? Stem vir die wat aanhangers is van Christus?

Kommentaar

Republikein 2026-06-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer