Ons staan saam met alle grondloses
MARTIN DENTLINGER SKRYF:
Die land Namibië is deur middel van 'n diplomatieke inisiatief geskep. Die inisiatief het gepaard gegaan met groot opslae en vreugdevure wat hoog gebrand het so tussen grootbekkige, politieke bombasme.
Dit het gepaard gegaan met luidkeelse propaganda as alternatief tot verdrukking, met vele uitsprake van voornemens om die mense van die land vryheid te laat smaak, hulle die volheid van menseregte te laat geniet, selfbeskikkingsregte te verleen en universele geregtigheid vir almal is belowe. Tydens implementering het die internasionale gemeenskap die Namibiese Grondwet geloof as die mees liberale dokument van sy soort.
Dit was toe alles behalwe die implementering van voornemens.
Beswaarlik 'n jaar later tref die naakte werlikheid die Rehoboth Baster Gemeente met 'n skudding wat ná 27 jaar in intensiteit steeds toeneem. Dit sluit onteiening, konfiskering en die vernietiging van private, gemeenskaplike grondbesit, monumente, ontwikkelingsprojekte, skole, raadsale, die Kapteinshuis, Reho Spa, woonhuise en te veel om op te noem in. Let wel: die onteiening en vernietiging sluit private eiendomme in wat aan die ware en wettige eienaars van Rehoboth, die Rehoboth Baster Gemeente, behoort.
Selfs in hierdie konteks van “eienaarskap” is die abstrakte van die ware eerste mense van die land ingesluit omdat hulle nie as eienaars beskou is nie, maar as rentmeesters en bewaarders van die land tot voordeel van almal.
Die proses het reeds inslag gevind voor 21 Maart 1990 met die aanvaarding van die Grondwet. Die besorgdheid was en sal altyd oor een saak wees en dit is beheer oor grond. Hierdie beheer was verwesenlik deur gebruik te maak van arrogante, niksseggende politieke bespottings en paradering op die internasionale verhoog terwyl dit in werklikheid gegaan het oor aanhoudende verdrukking van die mense, die marginalisering van hul regte en blatante volksmoord deur die dominante partye wat geen belang in die “Rule of Law” het nie, maar die wet van die oerwoud toepas waar mag en dominansie alle regte en morele beginsels oordonder.
Hierdie is die storie van die Rehoboth Gebied, die historiese rentmeesters van die gebied en hulle grondlose toestand vandag. Die wat agter die waarheid wil kom, kan gerus na die kaart “Baster States In Southern Africa 1790-1990” gaan kyk. Rehoboth was en is nog al die jare deel van die Basterstate in suidelike Afrika. Jy kan nie die geskiedenis met hoorsê en propaganda herskryf nie.
Daar wag 'n groot skok op die vyandige vandale van Rehoboth tydens die grondloses se konferensie vanaf 7 September 2017. Die regering en sy arrogante agente kan gerus kom spioeneer om hulle groot verleentheid voor hulle internasionale kamerade te spaar. Hulle en die plunderaars van Rehoboth-eiendomme was skriftelik gewaarsku dat grondtransaksies alleen deur die wettige eienaars aangegaan kan word. Alle grondtransaksies ná 17 Augustus 1923 is onwettig en ons gaan dit bewys.
Reaksionêre magsmisbruik en sinnelose propaganda deur die “GRN” en hulle lakeie was nog alyd gebruik teen enige beweging wat aanspraak maak op die herstel van voorvaderlike en internasionale regspraak. Wanneer iets op 'n kritieke keerpunt afstuur, was die regering (soos sy voorganger) nog altyd getrou aan hulle strategie deur die fokus van hulself te verskuif deur skendende propaganda en brutale geweld soos wat die wêreld aanskou het toe Nampol met magsvertoon van geweld en die verbale aanslag deur die goewerneur van Hardap die gegronde griewe van grondloses onderdruk het.
Die grondloses se konferensie gaan globale opslae maak. Dit bied die geleentheid vir almal wat die waarheid wil weet en ten gunste van regstellende optrede is. Die Rehoboth Baster Gemeente skaar hulle by die grondloses se nasionale en internasionale netwerk en gaan hulle bydrae in duidelike taal voorlê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie