Ons land gaan ten gronde (Deel 5)
J. A. ROSSOUW SKRYF:
In die vorige aflewering het ek op die gevolge van ons steeds verswakkende onderwysstelsel gewys en na enkele voorbeelde daarvan in ons onlangse dagblaaie verwys.
Die belangrikste redes vir die steeds verswakkende onderwysstelsel bly steeds die onvermoë om behoorlik te beplan. In my brief in die Republikein van 2018.04.13 wys ek daarop dat swak beplanning nie net die oorsaak van verswakte onderwys is nie, maar dit ook 'n rede is waarom NEEEF nie die mas kon opkom nie. Die hele land se ekonomie ly onder die swak beplanning van die onderwys.
Die staatspresident kan oorlog verklaar teen armoede, maar die verswakkende onderwysstelsel bly die hoofoorsaak van die maatskaplike probleme soos armoede, gesondheidsprobleme, behuisingsprobleme, toenemende misdaad, kwynende voedselsekuriteit en korrupsie.
Behoorlike, uitvoerbare beplanning bly 'n voorvereiste om onderwys reg te ruk. Behoorlike beplanning begin daarby om behoeftes op voetsoolvlak korrek te bepaal en uit te voer en nie te wag vir iets wat gaan gebeur en daarna salf aan die wonde te probeer smeer nie.
Hoe is dit byvoorbeeld moontlik om 200 skole te bou, sonder die nodige toiletgeriewe? Ek praat nie eens van die instandhouding daarvan of honderde leerlinge en hulle onderwysers wat 'n paar toilette moet deel nie.
Ek wonder of die onderwysbeplanners weet ons bevolkingsaanwas is meer as 40 000 per jaar. Ons het dus jaarliks minstens 1 000 nuwe klaskamers en 1 000 nuwe onderwysers nodig.
Hoe op aarde is dit moontlik dat net 5% van die totale onderwysbegroting vir kapitaalprojekte begroot kan word (Republikein 2016.04.11)? Wat van die instandhouding van reeds bestaande skool- en koshuisgeboue?
Persoonlik dink ek en ander Christene die uitfaseer van godsdiens en die invoer van seksonderrig het nie net 'n groot invloed op die onderrig van ons kinders nie, maar ook die maatskaplike probleme in ons land.
In Republikein van 2015.08.24 het die gemeenskap van Outapi die huidige president gevra om godsdiens terug na skole te bring. Pres. Geingob het die gehoor herinner Namibië is 'n sekulêre staat en dat alle godsdienste dus gelyke status het. "Godsdiensonderrig kan egter oorweeg word indien dit ook leerlinge van ander gelowe, benewens die Christelike kerke, insluit."
My vraag (en die van ander): Hoe werk demokrasie in die verband? Ouers wat grondige besware teen godsdiensonderrig en Bybelkunde het, het die reg om beswaar daarteen aan te teken en 'n paar kinders kan dus daarvan verskoon word, maar nie andersom nie. Waarom moet die uitsondering die reël bepaal as 80% plus van ons bevolking hulle as Christene beskou?
Die rampspoedige gevolge van die verbod op godsdiensonderrig in die skole van die VSA was reeds vir 30 jaar 'n skokkende werklikheid teen 1993. Ons moes daarvan kennis geneem het toe ons ons grondwet geskryf het.
Die Heritage Foundation berig die volgende:
560% toename in geweldsmisdade
400% toename in ongewenste geboortes
400% toename in egskeidings
300% toename in enkelouers
200% toename in selfdoodgevalle
75% afname in aanlegtoetse
In die oudae het die skole weerklink van lofprysings uit die halleluja's. Vandag weet ons kinders nie eers meer wat 'n Halleluja-boek is nie.
Sterkte.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie