Nuwe ‘stem van Namibië’ word Saterdagaand gekroon

Yandi Du Plessis
Vanjaar se soektog na die land se beste sangstem kom Saterdagaand (9 Oktober) tot ’n einde wanneer die wenner van die vierde seisoen van die Voice of Namibia-sangkompetisie uiteindelik aangekondig word.
Die top-12-finaliste sal op die verhoog by die Windhoek Buitekluboord om dié titel meeding.
Kaartjies vir dié geleentheid is ongelukkig reeds uitverkoop.

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer