Nuwe gevalle 155, twee sterftes, 42 herstel
Gesondheid
Twee sterftes en 155 nuwe gevalle van Covid-19 is vandag deur die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste aangekondig.
Die twee sterftes is in Walvisbaai aangeteken en skuif die nasionale totaal op tot 388.
Uit die 155 nuwe gevalle is onder meer 43 in Windhoek, 31 in Nankudu, 26 in Rundu, 14 in Walvisbaai en 10 in Otjiwarongo aangeteken.
Nog 42 mense het herstel, wat dié totaal op 34 141 en ’n herstelkoers van 95% te staan bring.
Die aktiewe gevalle staan op 1 416, waarvan 119 in die hospitaal en 14 in intensiewesorgeenhede (ICU’s) is.
In Windhoek is 46 mense in die hospitaal en 12 in die ICU, in Erongo is 20 in die hospitaal en twee in die ICU en in Oshana is nege in die hospitaal.
Tot op hede is 283 081 weefselmonsters getoets, 4 041 kontakte word gemonitor en 1 441 mense is in kwarantyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie