Net rompslomp waar amptenare regeer

Dani Booysen
VERLIG SKRYF:

Ons mag nou weer vryer beweeg, maar ek wil tog die ondervinding deel.

Die laaste drie weke in April moes ek twee keer by die polisiekantoor op Okahandja vir 'n reispermit gaan aansoek doen. Wat 'n nagmerrie!

Net die stasiebevelvoerder mag in die distrik toestemming gee dat 'n persoon buite die dorp iewers heen mag gaan.

Donderdagmiddag (voor die langnaweek wat op 1 Mei begin het) het ek weer gaan aansoek doen. Ek moes dringende herstelwerk aan 'n waterinstellasie op 'n plaas gaan doen.

Ek word deur een van die sewe offisiere in die aanklagkantoor meegedeel: “The Station Commander is on bed rest.” Hy is reeds die afgelope twee ure nie op kantoor nie.

“Hy sal eers weer Dinsdag (vyf dae later) op kantoor wees en hy werk ook nie oor naweke nie. Ek mag hom ook nie bel nie, want “he cannot speak”?

Daar was ook geen tweede-in-bevel aangewys om vir hom in te staan sou hy dringend afwesig wees nie. “Kom Dinsdag weer!”

Absurd? Skokkend. Belaglik.

In 'n land met 'n soewereine en onafhanklike Grondwet het leiers en amptenare nie die vermoëns om te organiseer of te beplan nie.

Gelukkig het 'n nuwe Covid-fase in werking getree. En ek is ook dankbaar ek hoef nie met sulke personeel oorlog toe te gaan nie.

Sjoe!

Kommentaar

Republikein 2026-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer