Nege vermeende dwelmhandelaars vas

Misdaad
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die Namibiese polisie het agt vermeende daggasmokke­laars by twee ­verskillende pad­blokkades by Gobabis ­vas­getrek.

Volgens die Namibiese polisie se woordvoerder, adj.komm. Kauna Shikwambi, is ses mans ­Donderdag omstreeks 15:00 by die Epako-padblokkade in ­hegtenis geneem.

Altesaam 19 kg dagga ter waarde van N$930 000 is glo in hul besit gevind.

Twee mans is sowat 'n halfuur later by die Transkalahari-padblokkade tydens 'n polisiesoektog in hegtenis geneem.

“Dertien sakke dagga ter waarde van N$674 000 is by hulle gevind," het die woordvoerder gesê.

Volgens Shikwambi is 'n saak van onwettige handel in kokaïen Vrydag op Swakopmund aan­hangig gemaak.

“'n 25-jarige man is omstreeks 21:00 met 35 gram kokaïenpoeier ter waarde van N$17 500 tydens 'n polisieoperasie in die Tamariskia-woonbuurt in hegtenis geneem,” het ­Shikwambi gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2026-07-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer