Neem deel aan 'Huisgenoot' se eerste aanlyn blokraaikompetisie
Huisgenoot bied môre (18 Junie) die eerste regstreekse Afrikaanse blokraaikompetisie in die kuberruim aan.Tydens dié aanlyn kompetisie sal een van Huisgenoot se blokraai-opstellers, Gerda Engelbrecht, gesels oor die lief en leed van dié woordspeletjies, waarna almal wat inskakel saam 'n spesiale blokraai sal invul.
Deelnemers kan om 20:00 inskakel vir die blokraaikuberkompetisie. Hulle kan deelneem deur vrae te vra, die antwoorde te gee en kommentaar te lewer. Gerda oorweeg almal se voorstelle en vul die regte antwoorde in om die blokraai te voltooi. Tussendeur vertel sy meer oor haar pad met blokraaie.
Daar is lekker pryse op die spel, en elke deelnemer kry ook 'n spesiale PDF-blokraaiboekie vir verdere vermaak na die tyd.
“Met Blokraai Regstreeks skep ons 'n ruimte waar blokraailiefhebbers kan deelneem aan een van hul gunstelingtydverdrywe, maar dit boonop kan doen as deel van 'n aanlyn gemeenskap,” sê Yvonne Beyers, die redakteur van Huisgenoot.
“Dis 'n vermaaklike regstreekse uitsending deur een van ons talentvolle blokraaiopstellers en 'n blokraaikompetisie in een. Dis soos 'n lekker kuier in die kuberruim – met 'n uitdagende blokraai om die brein te boei!”
Gerda is 'n blokraai-liefhebber by uitstek en stel al die afgelope dekade blokraaie vir Huisgenoot op. Sy sê: “Ons weet daar is duisende blokraai-ondersteuners daar buite en krap al jare lank kop oor hoe ons hulle kan 'ontmoet'. Wat 'n lekker manier om met die blokraaiers te gesels sonder dat hulle uit hul huise hoef te gaan! Ons wil net pret hê.
Huisgenoot is die baanbreker op blokraaigebied en hierdie is 'n manier waarop ons blokraaie nuut en vars kan hou. Dit kan die begin van opwindende, nuwe projekte wees.”
Lesers kan op hulle selfone of rekenaars inskakel. Hulle sal mekaar nie kan sien nie, en Gerda sal hulle ook nie kan sien nie, maar almal sal vir Gerda en die blokraai wat ingevul word kan sien.
“Dis iets nuuts en deelnemers word glad nie blootgestel nie. Dis lig en informeel. Niemand se naam gaan krater gemaak word nie. Hoekom sal jy altyd blokraaie net op jou eie invul? Dis 'n lekker manier om agter te kom daar is ander mense daar buite wat ook hierdie liefde vir blokraaie deel,” sê Gerda.
Blokraailiefhebbers wat wil deelneem – of net wil kyk! – moet vooraf registreer by quicket.co.za. Die kaartjies kos R50 elk, en daar is beperkte plek.
As deel van die toegangsgeld sal elke deelnemer 'n skakel kry waarmee hulle aan die blokraaikuier kan deelneem. Die lengte van die sessie sal afhang van hoe vinnig die blokraai voltooi word. Volgens Gerda is blokraaie soos pannekoek.
“Jy raak nooit moeg daarvoor nie. Dis 'n tydverdryf wat jou 'n kans gee om weg te kom van alles, maar steeds jou kop aan die gang hou. Die formaat het oor dekades diselfde gebly, maar jy kan steeds die blokraai vernuwe deur eietydse woorde in te sluit.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie