Narraville 1962
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Waar is daai dieners nou vannie Cape Stands?
Gaan vra vi jou ma 'n pond suiker.
Oorrie duin na die Ou Lokasie.
Drive-in oppi duine gekyk.
Uitgeskywe van hierso na daarnatoe.
Ons pondokkies opgebreek vir trek.
Uit die Cape Stands na Hou jou bek.
Negentien honnerd en twie en sestig.
Die bulldozers het klagekom!
Stoot plat en stoot om.
Als net so platgedonner.
Begrawe onner die stof en die pyn.
Ons Welcome Dover uitmekaar.
Stof inni kos ja sowaar.
Mermaidstraat en Strandstraat se mense.
'n Oulap se suiker en 'n pond se brood.
Waar is daai dieners nou vannie Cape Stands?
Gaan vra vi jou ma 'n pond suiker.
Oorrie duin na die Ou Lokasie.
Drive-in oppi duine gekyk.
Uitgeskywe van hierso na daarnatoe.
Ons pondokkies opgebreek vir trek.
Uit die Cape Stands na Hou jou bek.
Negentien honnerd en twie en sestig.
Die bulldozers het klagekom!
Stoot plat en stoot om.
Als net so platgedonner.
Begrawe onner die stof en die pyn.
Ons Welcome Dover uitmekaar.
Stof inni kos ja sowaar.
Mermaidstraat en Strandstraat se mense.
'n Oulap se suiker en 'n pond se brood.


Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie