Napwu sê oor einde van NBC-staking
Die Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers (Napwu) het in 'n verklaring laat gisteraand by monde van sy sekretaris-generaal, mnr. Peter Nevongo gesê sy lede by die NBC verstaan hul afwesigheid en deelname aan die staking het die publiek van belangrike inligting ontneem. Die staking het op 22 April begin en 26 Mei geëindig.
Volgens Nevonga kon die vakbond danksy die eenheid van NBC-werknemers die voltydse aanstelling van 134 kontrakwerkers by die nasionale uitsaaier verseker. Hy het die staking as 'n gedeeltelike sukses beskryf.
Nevongo sê in die verklaring die staking het ook tot die samestelling van 'n nuwe komitee bestaande uit vakbondverteenwoordigers, werknemers en die bestuur gelei wat ten doel het om die verhouding tussen werknemers en werkgewers te verbeter.
“Die betrokke partye het ook ooreengekom hoe werkers wat deur die 'geen werk, geen betaling'-reël geraak is, finansieel ondersteun kan word." Volgens Nevonga het die oorhandiging van 'n klagskrif aan die eerste minister ook tot die hersiening van die regering se verkleinde subsidie aan die NBC gelei het.
Foto argief

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie