'n Vars bries vir die teaterbedryf
Kunstenaars wat hoop om hul produksies of idees deur die Nasionale Teater van Namibië (NTN) te vervaardig, kan nou hul voorleggings vir 2021 en 2022 instuur.
Draaiboeke, opvoeringsidees en produksiekonsepte vir die 2021-'22-teaterseisoen word nou aanvaar.
Storievertellers, skrywers, regisseurs, choreograwe, kunstenaars, ontwerpers en interdissiplinêre kunstenaars word uitgenooi om innoverende werk in te skryf wat voor 'n plaaslike gehoor opgevoer kan word.
Toneelstukke, opvoerings, konserte, dansproduksies en digitale kunskonsepte is welkom.
Die NTN is op soek na nuwe vertellings vanuit gemeenskappe wat min verteenwoordiging geniet om inligting en vermaak aan gehore oor Namibië te voorsien.
Kunstenaars word aangemoedig om werke in plaaslike tale in te skryf, asook kuns wat 'n kritiese benadering bied op die wêreld soos dit vandag is.
Produksies wat gekeur word, sal van Augustus 2021 tot Julie 2022 deur NTN vervaardig word.
Alle inskrywings moet deur 'n voorlegging en aansoekvorm vergesel word.
Daar is verskillende programme vir nuwelinge op die teatertoneel – opkomende kunstenaars, ervare regisseurs en kunstenaars, dié wat op die gebied eksperimenteer en laastens gemeenskapsteater.
Die aansoekvorms, asook meer inligting oor die programme, riglyne en aansoekproses, is by ntn.org.na beskikbaar. Inligtingsessies vir belanghebbendes sal op 5 en 10 Junie om 15:00 op die NTN se Facebook-blad aangebied word.
Aansoeke kan voor middernag op 20 Julie na [email protected] gestuur word of hardekopieë kan by NTN se ontvangs vanaf 6 tot 20 Junie teen 16:00 ingehandig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie