’n Konserwatiewe boertjie en die “lifestyle”
Frenus Rorich - My vrou bedryf ‘n klein bed-en-ontbyt. Ons kry mense van dwarsoor die hele wêreld wat by ons bly.
Gister het ‘n getroude man en vrou by ons opgedaag. Terwyl sy gestort het, het hy my in ‘n hoek gedryf met sy gesels. Eers moes ek in besonderhede verstaan hoe hy lorries in voertuie vir ekspedisies omskep. Toe sy vrou hom roep om ook te kom regmaak om uit te gaan, knip hy oog vir my en vertel my sy groot geheim.
“My vrou en ek lewe die lifestyle.”
Hy kon sien ek het geen benul waarvan hy praat nie en voeg toe by dat ek Oom Google moet vra.
Nou ja.
Ek het op ‘n plaas in die Vrystaat grootgeword in die dae voor die NG Kerk om verskoning gevra het, toe die Broederbond nog gedroom het en toe mooi meisies nog met swart sterretjies gebore is.
Daai dae het die manne gedink ‘n man is ‘n man, en sy vrou sy vrou, en dis dit.
Dit laat my terugdink aan ons een buurman. Sy vrou is een Vrydagaand dorp toe vir ‘n VLU (Vroue-Landbou-Unie)-saamtrek in die plaaslike hotel.
Sy het bietjie te veel sjampanje gedrink en besef toe dat die grondpad plaas toe dalk te erg sal wees. Gelukkig was hul anderkantste buurman (Oom Piet Legransie) oudergewoonte in die bar. Hy bied toe aan om haar ‘n lift te gee terug plaas toe.
Op die plaas aangekom, sien haar man haar in sy buurman se bakkie. Twee en twee is bymekaargesit. Toe Oom Piet Legransie uit sy bakkie klim en sy hand uitsteek om te groet, toe pot buurvrou se man sommer sy wind uit.
Die hele storie was só ‘n groot skandaal dat Oom Predikant sommer die hele gemeente gestraf het, en Sondag dubbel so lank gepreek en gebid het. Waar daai kerk se harde houtbanke vandaan gekom het, weet net die Duiwel alleen . . .
Later die jaar, toe kom die groot reën vir ‘n slag. Daai dag verdwyn die mielielande onder die stormwater. Buurman stuur toe sy trekker af om die wenakker oop te ploeg sodat sy stormwater oor kan loop na Oom Piet Legransie se plaas toe.
Oom Piet hoor die trekker, spring in sy bakkie en ry wenakker toe. Daar aangekom gryp hy sy .303 en skiet die trekker se tyres pap. Buurman hoor die geskietery en jaag toe ook wenakker toe in sy ou Bedford lorrie met die lang neus.
Daar aangekom, sien hy die skade aan sy trekker. Geweer is uit en dit is oorlog. Hulle het daai twee bakkies geskiet tot hulle altwee soos sifdraad gelyk het. After all . . . ‘n man is ‘n man en sy ding is sy ding!
Maar om terug te kom na die “lifestyle” toe.
Dit is van kritieke belang dat egpaartjies stoute dinge saam doen en mekaar terg. Ek dink buurvrou was dalk nie so dronk nie, en sy het ‘n kans gesien om haar man jaloers te maak en haar huwelik bietjie op te kikker. Stoutwees is baie belangrik om ‘n verhouding lekker te maak. Daar is oneindig baie maniere om stout te wees. Maar die geheim is dat jou eggenoot altyd deel van jou stoutwees moet wees.
Die oomblik as jy jou eggenoot uit die prentjie sny en eksklusief knerts, dan woeker jy met die Westerse idee van ‘n monogamiese huwelikversameling, en dit is sommer nonsens.
Dit is net prokureurs wat geld maak uit al die egskeidings wat nou so mode is dat amper al my vriende dit doen.
“Ag nee man!” soos my ou vriend Pedro altyd uitroep as ‘n ding hom nou rerig dwars in die krop steek.
Dan eerder die Afrikamanier van vele eggenote, almal saam op een plaaswerf met groot liefde en respek vir mekaar.
Maar die ding dat mense hul vorige monogame eggenote slegte name noem en vir die res van hul lewens verwyt, is rêrig nie reg nie!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie