Ligte brand (hopelik) weer vanaand in Rundu
NamPower sê sy tegniese span het die probleem identifiseer wat Rundu sedert Maandag sonder krag gelaat het. Volgens die jongste verklaring het die span ná 'n intensiewe ondersoek bevind die onderbreking is veroorsaak deur 'n uitgebrande kompartement in die transformator van die substasie op die dorp.
Die verwante onderdeel is vanoggend vanaf Windhoek na Rundu gevlieg en sal na verwagting vanmiddag geïnstalleer word. NamPower het intussen ook 'n bystand mobiele substasie van die Okatope-substasie in die Oshanastreek as 'n alternatiewe maatreël na die dorp gebring. Die kragvoorsiener sê die tegniese span verwag dat kragtoevoer teen die einde van vandag na die dorp herstel sal wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie