Lesersfoto's 6 April 2021

Tanja Bause
So maak mens: “My kleinseun Sion de Wit (7) van Walvisbaai het ’n 13 kg kabeljou uitgetrek,” sê Nita Luus.

Ontspan: Rieffello was vir ’n naweek op Otjimbingwe.

Mooi: Die foto is deur Julian Benade by Sossusvlei geneem.

Familie: “Die niggies en neefs was by ’n troue op Rehoboth bymekaar,” sê Roishe Bock.

Daar is jy: “Collin-Junior Groenewaldt is op Oupii se plaas in die groen weivelde gevind,” sê mamma Bronwinne Groenewaldt.

Vakansie: “Die foto van Charmain Smit is by die Kokerboomwoud se ruskamp geneem.”

Avontuur: “Dit was ’n vinnige uitstappie vanaf Rosh Pinah na Oranjemumd al langs die Oranjerivier.” Die foto is per WhatsApp ontvang.

Speel: “Jane, Rhysie en Shekinah baljaar al te lekker in GocheGanas se swembad,” sê Ralton Thompson.

Paashasie: - “Die Smith familie het hulle eie kleine Paashasie,” sê Nicolene van Outjo.

Kommentaar

Republikein 2026-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer