Leeu verskeur vrou (22) in Amerikaanse reservaat
’n 22-jarige vrou is Sondag in ’n reservaat vir wilde diere in die Amerikaanse deelstaat Noord-Carolina deur ’n leeumannetjie doodgemaak
Time berig dat Alexandra Black, ’n gegradueeerde en assistent by die Conservators Center-reservaat in Burlington waar sy haar internskap gedoen het, deur die leeu verskeur is nadat die dier uit ’n omheining ontsnap het wat veronderstel was om toegesluit te wees.
Volgens Patch het die voorval gebeur terwyl Black en ander personeel die leeus se hokke skoongemaak het. Dit was nie onmiddellik bekend hoe presies die leeu ontsnap het nie.
Die park, wat deur sowat 16 000 mense ’n jaar besoek word, huisves bykans 80 wilde diere en meer as 21 verskillende spesies.
Reuters berig dat die polisie die leeu moes doodskiet om die lyk van die vrou te kry nadat hul pogings om die dier te verdoof misluk het. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie