Leer by die VSA
OUDPOLISIEMAN SKRYF:
Kan Nampol dan nie maar leer uit dit wat tans wêreldwyd voorblaaie haal oor gebeure in die VSA nie?
Ten spyte van omstanders se getuienis probeer adj.komm. Shikwambi lamsakkige verskonings aanbied ("Polisie breek glo Havana-man se been", 4 Junie 2020). Uit persoonlike ervaring van baie jare is ek oortuig dat die “arrestasie”, vergeleke met die foto van die beseerde, terwyl meer as een lid op die toneel was, oordadig hardhandig en ongevraagd was.
Hoop Legal Assistance Centre tree toe vir vergoeding, wat duidelik geregverdig kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie