Korrupsie bedreig langafstandvervoer
’n Openbare vervoervereniging dreig om verkeerswette te oortree as owerhede nie teen onwettige operateurs gaan optree nie.
Augetto Graig
Lede van Namibiese Openbare Passasiervervoer-vereniging (NPPTA) het gister ’n vreedsaam optog in die hoofstad gehou.
Die optog is teen die bestuurders van onwettige sewesitplekvoertuie wat passasiers nog steeds oor lang afstande vervoer, wat glo die sektor tot stilstand sal bring.
Die NPPTA se president, mnr. Edward Kalembe, het aan die einde van die optog vanaf Katutura se Single Quarters na die middestad se Augusto Neto-park in Ausspannplatz, hul klagtes aan beamptes van die ministerie van werke en vervoer, die Namibiese polisie en die ministerie van justisie oorhandig. Die NPPTA se sekretaris-generaal, mnr. Nathan Africa, het die klagskrif voorgelees.
“Ons het onsself probeer in toom hou en is altyd gewillig om om die tafel te sit en te praat sonder om drastiese stappe te neem, maar die aanhoudende leë beloftes en tekort aan toepassing dwing ons om in ’n laaste poging die klagskrif te oorhandig en ’n optog te reël om ons standpunt duidelik te stel,” volgens Africa.
Die taxibestuurders kla spesifiek oor die polisie se onbekwaamheid om nasionale verkeersregulasies toe te pas, asook oor die ministerie van werke en vervoer se beamptes wat oningelig is en herhaaldelike grasietydperke vir oortreders toestaan.
Hulle noem ook dat wetstoepassers, insluitend polisielede, padvervoerinspekteurs, verkeersbeamptes en weermaglede deelneem in onwettige vervoeraktiwiteite en nie beboet word nie.
Plaaslike owerhede stel volgens die taxibestuurders ook nie in openbare vervoer belang nie en geen voorsiening vir geskikte oplaaistaanplekke word gemaak nie.
“As ons praat van onwettige vervoeroperateurs bedoel ons burgers wat voertuie gebruik om vervoer teen ’n beloning te bied sonder wettige dokumentasie soos ’n openbare vervoerpermit (PDP) en ’n openbare vervoerlisensie. Die sewesitplekvoertuie veroorsaak ernstige ongelukke en eis die lewens van Namibiërs. ’n Voorbeeld hiervan is die onlangse ongeluk tussen Otjiwarongo en Otavi waarin ses passasiers en die bestuurder dood is,” sê Africa.
Die vereniging sê hul probleme vererger net die laaste tien jaar.
“Sedert 2010 sien ons wetteloosheid in die bedryf en dit beinvloed die bedryf negatief, veral in terme van middel- en langafstandvervoer. Ongereguleerde voertuie word gebruik en maak die situasie onveilig vir pendelaars veral tussen Windhoek, Swakopmund en Walvisbaai, die noorde en die noordooste, en van Windhoek na Gobabis.”
Africa sê die NPPTA het tevergeefs bydraes gelewer om die verouderde Wet op Padvervoer, nommer 74 van 1977 te vervang.
Hy sê hul herhaaldelike interaksie met die vervoerministerie is blykbaar nie genoeg nie.
“Tot nou toe sien ons net ’n toename in onwettige operateurs; tot so 'n mate dat die korruptes wettige handelaars en wetstoepassers blatant spot, en sê dat ons niks kan doen om hulle te keer nie," volgens Africa.
Die vereniging doen ’n beroep op die polisie om die wet op al Namibiese roetes toe te pas. Wetstoepassers in die ||Kharas- en Hardapstreek is as uitsondering genoem.
Die NPPTA versoek ook die ministerie om die nuwe wetsontwerp te voltooi, om die beamptes van die padvervoerraad vir die uitreiking van onwettige permitte aanspreeklik te hou, en om onreëlmatige permitte wat reeds uitgereik is, te herroep.
Hulle vra ook beter samewerking met plaaslike owerhede, geskikte oplaaistaanplekke en die streng toepassing van verkeersregulasies by padblokkades op nasionale paaie.
Enige mislukking in terme van voldoening aan dié eise los wettige operateurs met geen ander keuse as om op te hou om massa-afstandheffings te betaal, die betrokke logboeke by die Paaiowerheid in te handig en om te versuim om vervoer en bestuurspermitte uit te neem of voertuie vir padwaardigheidstoetse te neem, sê Africa.
“As dit vir hulle werk moet ons maar ook so werk,” het hy gesê.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie