Khomas kry taakmag teen selfmoord
Top polisieman bied aanmoediging en advies
Augetto Graig – Die Khomasstreek se taakmag vir die voorkoming van selfmoord is Vrydag in Windhoek by die Katutura jeugkompleks bekendgestel, met die strewe om die voorkoms van selfmoord in die streek tot nul af te bring.
Verskeie regeringskantore, ministeries en agentskappe werk met maatskaplike organisasies, kerkleiers, wetstoepassers en gemeenskapleiers om selfmoord in die streek te bekamp.
Verteenwoordigers van die kantoor van die streeksgoewerneur en die gesondheidsministerie was teenwoordig, maar dit was die aankoms van die adjunk inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, genl.maj. Joseph Shikongo, wat die polisieorkes en alle teenwoordiges sigbaar opgekikker het.
Shikongo het ’n boodskap van aanmoediging gelewer aan die omvattende taakmag vir wie hy amptelik adviseer.
“Ek wil benadruk dat die lewe ’n lang reis is, met baie op en af, lesse, vreugde en hartseer, viering en herdenking, sukses en mislukking, juiging en verdriet.
“Dis ongelukkig so dat daar geen kortpaaie is om van die moeilike tye in ons lewensreise oor te slaan nie. Dis hoekom ons moet besef dat ons mekaar nodig het. Ons almal benodig liefde, ons benodig ondersteuning en ’n woord van aanmoediging om die struikelblokke in die lewe te oorkom,” sê hy.
Volgens Shikongo is dit noodsaaklik dat die samelewing menslik en ondersteunend van mekaar bly, in gelukkige tye en ook in tye van hartseer en rou. “Dis die enigste manier waarop ons kan wen en oorwin in hierdie wêreld vol probleme en swaarkry.”
Die polisiehoof het Johannes 16:33 aangehaal: “Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.”
Statistiek vanaf die polisie en die gesondheidsministerie dui aan dat meer as een persoon daagliks in Namibië hul eie lewe neem, en dat die meerderheid selfmoordpogings in die Khomasstreek aangeteken word. Vrydag was Wêrelddag vir Voorkoming van Selfmoord en volgens die Verenigde Nasies dui studies aan die Covid-19-pandemie maak mense nog meer kwesbaar.
Volgens die VN se Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) sterf meer mense elke jaar aan selfmoord as aan MIV, malaria of borskanker, of aan oorlog of moorde. Vanjaar is die tema van die wêrelddag: “Skep hoop deur aksie,” met die klem op gesamentlike optrede.
– [email protected]
FOTO
Die adjunk inspekteur-generaal van die Namibiese polisie, genl.maj. Joseph Shikongo.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie