Kerke moet herleef
GEMEENTELID SKRYF:
My wens en bede is dat ons tog na die lockdown as ander mense ons kerkdienste sal voortsit.
Die baasspelerige houding van sommige ouderlinge en gemeentelede in sommige gemeentes moet tog 'n einde kry. Skimppraatjies tydens verwelkomings om 'n sekere iemand by te kom en die erkenning van net sommige "leiers" se teenwoordigheid is tog verkeerd.
Voorstelle moet eers by 'n raadsvergadering van die gemeente bespreek word en daarna deur 'n gemeentevergadering goedgekeur word. Maar by sommige gemeentes word besluite net deur 'n sekere groepie mense geneem en op die ander afgedwing. Hierdie soort dinge gebeur selfs sonder die toestemming van die gemeenteleier of die volle gemeenteraad.
Sommige pastore raak ook te bevriend met sommige gemeentelede en hy/sy vind dit moeilik om sy/haar tjommies aan te spreek as hulle maak soos hulle wil. Hierdie soort selfsugtige diktatorskap veroorsaak onnodige konflikte, spanning en misverstande.
Daar is mense in ons gemeentes wat potensiaal, kennis en ondervinding het wat nuttig gebruik kan word tot die voordeel van daardie spesifieke gemeente, maar daar is sekere komitees wat jare bestaan wat alles oorheers en die groei in die gemeentes rem met hul baasspelerigheid, want hulle is die "untouchables".
Die "hand-pick" is nog 'n kopseer. Mense word links en regs vervang deur sogenaamde "grootkoppe" in die gemeente. Die een wat dit waag om hierdie bestuurstyl en die manier van dinge doen aan te spreek, word 'n "swart skaap".
Die pastoor in 'n gemeente moet almal se pastoor wees. Ouderlinge moet ook almal se ouderlinge wees, asseblief!
Grootmense in die gemeentes moet gerespekteer word. Dit is hulle wat die fondament gelê het, maar ons het ander goed ingebring, musiek en sang kom verander en selfs die manier van "kerk hou" kom verander om kamma aan te pas by hierdie "tyd". Armige grootmense loop maar net saam.
Eensydige besluitneming moet gestop word. Maak gebruik van die kundigheid van die gemeentelede op verskillende terreine, wat die gemeente na hoër hoogtes kan neem.
Tydens verkiesings moet weggedoen word met boetie-boetie-skap en regte mense gekies word. Geldsake moet alleenlik hanteer word deur die gekose lede van die finansiële komitee sodat hulle aan die einde van die dag verslag kan gee oor geld wat hulle self gehanteer het.
Ek glo ook dat al die ouderlinge dieselfde opleiding moet ontvang vir eenvormigheid.
Ek hoop dat ons tog sal verander en dat die dinge reg gedoen sal word en tog sal regkom. Ek het niks uit my duim gesuig nie, maar my ondervinding met u gedeel.
As die skoen jou pas, is dit die geleentheid om dit aan te trek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie