Indië die ‘groot’ een vir Eagles
Krieket
Tielman van Lill
Die Eagles beskou hul laaste groep 2-wedstryd vandag teen Indië by die T20-Wêreldbeker in Dubai, in die Verenigde Arabiese Emirate, as die werklike groot een waarna hulle uitgesien het.
Die Namibiërs sal om 16:00 by die Internasionale Dubai-stadion teen die gevreesde Indië op die veld stap. Stephen Baard, openingskolwer van die Eagles, het Vrydag by ’n nuuskonferensie ná hul kragmeting teen Nieu-Seeland gesê hulle sien daarna uit om met vryheid teen Indië te speel.
Of die Eagles vandag hul wedstryd teen Indië verloor of wen, gaan nie ’n rol in die toekoms speel nie, want hulle het reeds vir die 2022 T20-Wêreldbeker in Australië gekwalifiseer. Dit is wat hulle die vrymoedigheid gee om met groter vryheid hul teenstanders aan te durf.
Namibië sal heel waarskynlik vyfde in groep 2 eindig met Skotland heel laaste, terwyl Bangladesj in groep 1 laaste is.
Baard het gesê: “Ons is hier om te leer, maar ons laat onsself in sekere aspekte en periodes van die spel in die steek. Hoewel ons leer, wil ons graag dinge regkry om ’n beter kans te staan. Maar teen Nieu-Seeland het ons dit nie vermag nie.
Ons het die beste daarvan gemaak om onsself teen die wêreld se beste spelers te meet. Ons is gewoond daaraan om in die kwalifiserende wedstryde te speel waar omtrent elke kragmeting ’n maak-of-breek situasie is.
“Hier by die WB is die intensiteit net soveel meer as waaraan ons gewoond is en jou dissipline moet baie skerper wees, maar dit is vir ons die regte geleentheid om ervaring op te doen.
“Dit is moelik, ek moet eerlik wees. Dit is moeilik om in so ’n kort rukkie hier by die WB te leer en tussen wedstryde is daar net ’n paar dae om koppe bymekaar te sit om te verbeter.
“Om planne uit te voer wat gemaak is oor hoe om die verskillende spelers op hierdie vlak te benader, is nie maklik nie. Maar dit is steeds ’n onvergeetlike ondervinding om deel daarvan te wees. Ek weet ons gaan aan die volgende WB deelneem, so ons sal hard die volgende 12 maande moet werk om te verbeter.
“Elke wedstryd in groep 2 was ’n groot wedstryd vir ons, maar die werklike grote is teen Indië. Dit is iets waarna ons uitsien. ’n Paar maande gelede was dit nie eens iets waaraan ons gedink het dat ons teen hulle sal speel nie.
“Ons het elke minuut hier geniet. Ons wil graag kompeterend wees, maar terselfdertyd wil ons soveel moontlik leer. Ons wil sien wat die ander spelers op en van die veld af doen. Die tyd hier is vir ons absoluut ’n onwerklike ondervinding.
“Met ons boulwerk sal ons beslis meer doelgerig moet wees om planne uit te voer, veral op ’n veld waar die een kant groter is as die ander deel.
“Ek het baie met kolwers van ander spanne langs die veld gesels om uit te vind hoe hulle die laaste vier of vyf boulbeurte benader en wat hul opsies sal wees waar om die bal te slaan.”
Gerhard Erasmus, die Eagles se kaptein, het gesê: Ons het goed tot in die 17de boulbeurt teen Nieu-Seeland geveg, maar die laaste boulbeurte was weer nie in ons guns nie. So ons sal moet teruggaan en planne maak om die laaste boulbeurte meer in ons guns te swaai.
“Dit is goed om te weet ons het dinge vir die eerste 16 boulbeurte reg gedoen, maar nou moet ons die regte boulers kry om die laaste paar beurte af te stuur.
“Ons het een wedstryd oor om te sien of ons dit teen Indië kan regkry. Die kolfblad teen Nieu-Seeland was min of meer dieselfde as teen Ierland. Die bal het wel laag na die kolwers toe deurgeskiet. Daar moet ’n kolwer wees wat die hele kolfbeurt kan kolf. Om 160 lopies op die tipe kolfblad te jaag, was beslis te veel vir ons.”
Kane Williamson, kaptein van Nieu-Seeland het gesê: “Ons het nie geweet wat om van die kolfblad te verwag nie. Ons moes eers ’n goeie telling bewerkstellig alvorens ons die kortgrens in die laaste boulbeurte vir lopies kon aanval.
“Die blad was beslis ’n probleem, maar ons kolwers het aan die einde die bal goed getref om ’n hoër telling op die blad te behaal as wat moontlik was.
“Ons was wel in ’n stadium onder druk om net 130 lopies te kry. Dit het gehelp om eerste te kolf en vennootskappe te bou, al was dit stadig gewees. Maar om te wen het ’n span net een of twee boulbeurte nodig om die wedstryd op sy kop te keer.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie