Hekking se ‘ware’ Mona Lisa word opgeveil
’n Vroeë replika van die Mona Lisa word by die afslaer Christie’s in Parys in Junie opgeveil.
Die Mona Lisa van Hekking is genoem na die eienaar, Raymond Hekking (1866 tot 1977), wat dit in ’n antiekwinkel in Nice gekoop het.
Die werk en die geskiedenis daarvan illustreer die houvas van Leonardo da Vinci se welbekende werk op kunsliefhebbers se verbeelding.
Die replika kan volgens Christie’s tussen €200 000 en €300 000 behaal.
Hekking het die replika in die jare 60 teenoor kunshistorici verdedig en vas geglo dít is die regte Mona Lisa, nie die een in die Louvre-museum in Parys nie. Hy het media van oor die wêreld heen na Nice genooi om sy Mona Lisa te besigtig.
Volgens ’n mediaverklaring het Hekking ook die Louvre uitgedaag om die oorspronklikheid van hul Mona Lisa te bewys. Hy het veral benadruk dat die skildery in die Louvre heel moontlik vervals is nadat Vincenzo Perugia dit op 22 Augustus 1911 gesteel het. Dit is later teruggegee.
Daar is ook ’n rolprent oor Hekking en sy betoog gemaak. Mona Lisa Sensation toon Hekking se obsessie met sy werk wat hy vir minder as N$5 aangeskaf het.
Die Mona Lisa is waarskynlik een van die bekendste kunswerke in die wêreld.
Die oorspronklike skildery is in 1517 tot die koninklike versameling van François I van Frankryk gevoeg.
Daar is egter sedert die 17de eeu verskillende replikas gemaak, waarvan Hekking se skildery een is.
Die veiling duur van 11 tot 18 Junie en kan op die afslaer se webblad gevolg word. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie