Hane mag nou tuis afsonder
Rugby
Die Franse Rugbyfederasie (FFR) sê die spelers in die Hane se Sesnasies-groep is toegelaat om vandeesweek huis toe te gaan, maar sal die res van die week daar in afsondering moet bly nadat ’n tweede bestuurslid positief vir die coronavirus getoets is.
Al die spelers is vir ’n tweede dag negatief getoets, maar William Servat, die voorspeler-afrigter, is nou ook positief getoets.
Die FFR het Dinsdagaand aangekondig dat Fabien Galthie, die hoofafrigter, positief getoets is – nadat sy eerste toets negatief is.
Die hele groep was in selfkwarantyn by die nasionale rugbysentrum in die buitewyke van Parys. Spelers het Woensdag huis toe gegaan en sal Sondag terugkeer na hul oefenbasis.
“Aanvullende coronavirustoetse sal Vrydag tuis gedoen word, asook Sondagaand, sodra die spelers en afrigtingspan na die nasionale rugbysentrum terugkeer. Hulle sal dan in afsondering wees totdat die uitslae bekend is,” sê die FFR in ’n nuusverklaring.
Frankryk is boaan die Sesnasiesreeks se puntelys ná seges oor Italië en Ierland.
Die Hane se volgende wedstryd is op 28 Februarie teen Skotland.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie