Groot naweek vir proewe

Jukskei
Die Namibiese junior jukskei­proewe vind Vrydag om 15:00 by Jukskeipark in Olympia plaas.

Saterdagaand word die spanne aangekondig wat na Kroonstad sal reis vir die Suid-Afrikaanse junior toernooi.

Die senior B- en C-groep se eerste proewe sal ook saam met die juniors plaasvind. Dié twee groepe sal in Februarie 2019 in Kroonstad deelneem.

• Komende Saterdag vind die jaarlikse Coen Brand jukskeidag by Jukskeipark plaas, met die opening om 07:00 en die eerste wedstryde om 08:00.

By die prysuitdeling om 18:00 word die junior spanne aangekondig wat in Desember na Kroonstad sal reis.

Die toernooi bied aan klubs oral in die land die kans om teen mekaar mee te ding. Strawwe kompetisie word verwag tussen die klubs van die Noorde, Suide, Weste en Sentraal om as kampioen bekroon te word.

Daar word in vier afdelings meegeding, naamlik A, B, C en D.

Saterdag word ook 'n skoleliga gehou, met 'n hoër- en laerskool afdeling. Gemengde spanne kan ook inskryf. NJ wens alle spelers sterkte toe met die proewe en nooi die publiek na 'n dag propvol jukskei.

Kommentaar

Republikein 2025-08-12

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer