Grond: Zim gaan ‘buitelanders vergoed vóór wit boere’
Die bedrag wat uitgesit is om boere te vergoed wat hul plase in die land se grondgrype verloor het, is volgens hulle te min.
Voormalige buitelandse grondeienaars van Zimbabwe mag dalk vergoeding kry voor wit boere in die land, het Ben Gilpin, direkteur van die Commercial Farmers Union (CFU), gesê.
Mthuli Ncube, Zimbabwe se minister van finansies, het Donderdag gesê $53 miljoen sal in die 2019-begroting beskikbaar wees om wit boere te vergoed vir die grond wat hulle met die land se grondgrype verloor het.
Dié bedrag is egter veel minder as die minstens $9 miljard wat die boere sê hulle toekom.
Gilpin sê dit is ’n prioriteit om die vergoedingseise met buitelanders wat handelsooreenkomste met Zimbabwe het, sou gou doenlik af te handel.
“Om die eise af te handel is ’n voorvereiste om internasionale verhoudinge herstel,” sê Gilpin.
Daar is geen bevestiging dat dit wel is wat Emmerson Mnangagwa, president van Zimbabwe, se regering beplan om te doen nie.
Om die eise af te handel is ’n voorvereiste om internasionale verhoudinge herstel.
Indien dit wel gebeur, sal tot sowat 4 000 wit boere van Zimbabwe teleurgesteld wees, wat hoop op vergoeding vir hul plase, huise en infrastruktuur wat verloor is in die land se gewelddadige grondgrype.
40 boere van Nederland, wat beskerm is deur handelsooreenkomste, probeer oor jare lank vergoeding van $25 miljoen van die Zimbabwiese regering kry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie