Grappies

Sanet de Waal
Nog juweeltjies uit opstelle, aangestuur deur RonaldR:

(Afrikaners: WC = toilet)

* Hij vond de WC niet en gebruikte toen maar zijn zaklamp.

* Er waren veel Engelsen aan de kust, vooral Duitsers.

* Op een mooie dag in de vakantie toen het eens slecht weer was. . .

* De vissen namen vlug de benen, toen ze de vissers hoorden aankomen.

* . . . waar niks meer overgebleven is van al wat er te zien is.

* We zagen in de dierentuin apen, olifanten, giraffen en ook twee zustertjes waar ik nog bijgezeten heb in de kleuterschool.

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Marvin, die ywerige gholfspeler, vind die volgende losprysbrief onder sy voordeur: “Bring US$50 000 na die 17de putjie van die country club môre om 10:00 as jy jou vrou ooit weer lewend wil sien.” Eers ná 13:00 kom hy by die aangewese vergaderplek aan. 'n Woedende gemaskerde man verskyn van agter 'n bos en sê: “Jy is drie uur laat! Wat het jou so lank geneem?” “Komaan!” verweer Marvin en wys na sy telkaart: “Ek is 'n 27 handicap!”

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van KoosS, uit Lag sonder grense deur Ian Wessels:

Die predikant gee die bekende lied: “As die lewenstorme woedend om jou slaan...” op. Voor in die saal sing klein Jannie uit volle bors: “As die leeu jou storm, moet jy woedend om jou slaan!”

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Kommentaar

Republikein 2025-05-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer