Grappies
Ons verneem Nigerië gaan nou sy eie Covid-entstof vervaardig. Dit is 'n geweldige wetenskaplike deurbraak: Jy hoef nie fisiek iewers heen te gaan nie: jy ontvang die inenting virtueel. Al wat jy hoef te doen is om jou bankrekeningnommer en PIN te stuur, en jy is ingeënt!
* * *
Van HermanH:
By die firma se waterkoeler spog ek oor my kinders se wêreldreise: een seun het in Bolivië skoolgehou, 'n ander werk in Suid-Italië en my dogter het 'n jaar lange navorsingsprojek in Indië voltooi.
Die kwinkslag van 'n medewerker: “Wat doen jy dat jou kinders so ver van jou probeer wegkom?”
* * *
Gesien op Facebook:
* Ek mis daardie kinders wat saam met my gebore is in die hospitaal! Sjoe, ons het gehuil daardie dag!!
*Ek het 'n vals Facebook-rekening oopgemaak en met my vrou begin chat. Daarvolgens is sy 'n weduwee, en ek is vier jaar gelede dood.
* * *
Polities korrekte maniere om oor die skoner geslag te praat:
* Sy is nie 'n kermkous nie – sy is vokaal aktief.
* Sy is nie “gesuip” nie - sy is “chemies onafgerond”.
* Sy het nie plastiese sjirurgie of 'n hysbakkies gehad nie – sy is medies verbeter.
~~~~~~~~~~~~~~~~

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie