Grappies

Sanet de Waal
Van HermanH, kennisgewing op restaurantbord:

Dors? Ons het drank! Honger? Ons het te ete! Eensaam en bedroef? Ons het drank!

~~~~~~~~~~~~~~~~

Van RonaldR: (Afrikaners: kip = hoender)

“De eieren in deze doos werden gelegd door kippen met vrije uitloop. Nooit gedacht dat ik jaloers zou worden op een kip.”

* * *

Virussen muteren na verloop van tijd; neem nu bijvoorbeeld Covid. Het startte als een pandemie, en nu is het een IQ-test geworden.

~~~~~~~~~~~~~~~~

Van KoosS, uit Lag sonder grense deur Ian Wessels:

'n Man stap by 'n kroeg in en vra of iemand weet hoe laat dit is. Uit die hoek antwoord 'n ou: “Ek is nie seker nie, maar dit is beslis nog nie agtuur nie.” “As jy nie seker is nie, hoe weet jy dis nog nie agtuur nie?” vra die man. “Want ek het my vrou belowe ek sal agtuur by die huis wees, en ek is nog nie daar nie.”

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wyshede aangestuur deur RonaldR:

Baie kanse in die lewe word gemis omdat dit in oorpakke geklee is en soos werk lyk. - Thomas Edison

Ek is 'n vriend van die werkende man, en ek sou eerder sy vriend wees as om hy te wees. - Clarence Darrow

Ek het so baie tyd vir niksdoen dat ek geen tyd vir werk het nie. - Pierre Reverdy

------------------------

Kommentaar

Republikein 2026-06-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer