Grappies

Sanet de Waal
Van HermanH

'n Nuwe studie het bevind dat babas so jonk as nege maande die verskil tussen vriende en vyande kan agterkom. Wat nou die vraag na vore bring: Watter soort baba van nege maande het vyande? - Jimmy Fallon

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van KoosS, uit Lag sonder grense deur Ian Wessels:

Eksamenvraag: "Maak 'n sin waaruit die betekenis van die woord 'tewens' duidelik blyk." Antwoord: “Ons hond het drie kleintjies gehad, een reun en twee tewens.”

* * *

Kinders is baie eerlik, dikwels tot verleentheid van hulle ouers. 'n Juffrou vra haar kleuterskoolklas hoe weet jy as 'n man en vrou getroud is. Frikkie se antwoord weerspieël heelwat praktiese ondervinding: “Juffrou, hulle skree op dieselfde kinders!”

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van HermanH, uit Clean Laffs (argief September 2011):

Mej. Wisconsin het uitgeval uit die Mej. VSA-kompetisie omdat sy beskuldig is van identiteitsdiefstal. Ja, die hele ding is baie laf. Daar is nou nog meer onthul: Haar van is selfs ook nie eens Wisconsin nie. - Jimmy Fallon

* * *

Van DouwevdV:

Waarom is het vrijheidsbeeld een vrouw? Het hoofd moest leeg zijn voor de bezoekers.

* * *

Kommentaar

Republikein 2025-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer