Grappies

Sanet de Waal
Van HermanH, uit Clean Laffs:

My man is baie ingedagte. Eendag op pad werk toe stop hy by die kafee toe dit begin reën. Toe hy weer loop, besef hy nie dat hy sonder 'n sambreel ingestap het nie. Hy vat sommer die naaste een en toe sê ’n vrou dadelik: “Haai! Dis MY sambreel!” Baie verleë maak hy groot verskoning en stap in die reën verder aan na sy kantoor. In sy kantoor staan daar nie minder nie as drie sambrele – almal syne, wat hy elke keer vergeet as hy huis toe gaan. Daardie middag neem hy al drie saam huis toe. Op pad loop hy hom vas in dieselfde vrou van vanoggend. Sy kyk na die sambrele, dan na hom, en sê sarkasties: “Jy het goed gedoen vandag nè?!”

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van RonaldR:

My tienerpasiënt se ma was bekommerd. “Hy moet koorsig wees,” sê sy. “Hy het sy motorfiets die hele dag nie uitgehaal nie.” “Het u 'n termometer?” vra ek. “Nee,” sê sy. “’n Kawasaki.”

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van KoosS:

Jan: “My meisie het my gelos!” Frans: “Het jy haar dan nie van jou miljoenêr-oom vertel nie?” Jan: “Ja, dis juis die moeilikheid. Nou is sy my tannie!”

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van ManuB, uit De Druivelaar:

“Mama, mag ik een euro hebben? Op de hoek van de straat staat een arme man.” “Wat wil hij?” “Mij een ijsje verkopen.”

~~~~~~~~~~~~~~~

Van RonaldR:

Ik was een man in een vrouwenlichaam. Althans: voor mijn geboorte.

Kommentaar

Republikein 2025-09-07

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer