Grappies
Kennisgewingbord, deur HermanH op Facebook geplaas: “Alles gebeur met 'n rede. Miskien is die rede dat jy onnosel is en slegte besluite neem. . .”
• • •
Van RiaanC:
Ná COVID sal ons nageslag met afgryse terugdink aan 'n seremonie waar iemand blaas oor 'n koek en dan vir die gaste elkeen 'n sny gee om te eet.
• • •
Van HendrikW:
Vrou: “Ja, my man is dood aan natuurlike oorsake.” Speurder: “Ek het bewyse u het hom van die dak af gestoot!” Vrou: “Swaartekrag is 'n natuurkrag. . .”
• • •
Ek ontmoet iemand nuut op Facebook. Ek: “Wat doen jy graag in jou vryetyd?” Hy: “Ek loer mense af.” Ek: “Ek hou nogal van swem.” Hy: “Ja, ek weet.”
• • •
Ek hou aan om stoute stemboodskappe van 'n onbekende nommer te kry. As dit jy is – stuur nog!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie