Grappies

Sanet de Waal
Van HermanH, op FB:

In Virginia onlangs het 'n rekenaarprobleem 'n dekade se militêre data van die VSA uitgevee. Gelukkig het die Chinese regering vandag gesê dis geen probleem nie, hulle het rugsteun van alles. - Conan O'Brien

* * *

Corona helplijn: Ik: “Ik zit in een gezin van drie en wil graag een bevriend gezin van zeven uitnodigen, mag dat?” Helplijn: “Nee, want je mag maximaal vier mensen bovenop je gezin uitnodigen.” Ik: “OK, dus als zij ons uitnodigen is er geen probleem.” Helplijn: “.......”

* * *

New York se State Assembly oorweeg 'n nuwe wet wat alkoholiese roomys sal wettig. “Dis goeie nuus,” sê 'n vyfjarige wat 'n rowwe dag gehad het. “Net so 'n klein ietsie om my rustig te maak, Ma.” - Seth Meyers

~~~~~~~~~~~~~~~~

Kommentaar oor die VSA-verkiesing:

* Kim Jong-oen van Noord-Korea: Sien? dis wat ek altyd sê. Verkiesings met meer as een kandidaat gee net moeilikheid af.

* Poetin: Vier dae na hulle verkiesing en die stemme is nog nie klaar getel nie! Ons s'n is twee dae voor die verkiesing al getel!

~~~~~~~~~~~~~~~~

Wyshede aangestuur deur RonaldR:

* Luister na baie, praat met 'n paar. - William Shakespeare

* As jy hulle nie kan oortuig nie, verwar hulle. - Harry Truman

Kommentaar

Republikein 2025-12-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer