Grappies

Die blondine sukkel finansieel en sy loop oral in die dorp en vra vir verfwerkies. Sy kom by een baie nuwegeld- ryk ou uit, en hy kry haar jammer en sê vir haar: “Look, here is some white PVA paint, and also rollers and brushes. If you paint my porch, I'll give you a thousand rand.” Sy stem opgewonde in. Net 'n uur later klop sy aan sy voordeur en sê sy is klaar.

“Remarkably quick,” sê hy, “Have you painted the whole porch already?”

“Yes,” antwoord sy trots, “And by the way, it isn't a Porsche, but a Ferrari!”

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van JanB:

Die juffrou sê vir die klas om ’n sin te maak wat die woord 'kapittel' sal verduidelik. Suzie: “Mahmoed ry op sy kameel deur die woestyn: Ka-pittel, ka-pittel, ka-pittel.”

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van ManuB, uir De Druivelaar:

Bordje in een restaurant: - Onze biefstukken zijn zo zacht dat wij ons echt afvragen hoe die koe ooit heeft kunnen lopen.

~~~~~~~~~~~~~~~~

Anonieme wyshede aangestuur deur MarithaS:

(Nederlanders: bles = kale hoofd)

* Moenie jou in my skoene plaas nie. Dis vervelig. Plaas jou vir 30 sekondes in my kop. Dit sal groot pret wees.

* Soms kom jy onverwags iemand in jou lewe teë wat jou hart laat bons en jou lewe verander. Ons noem sulke mense polisie.

------------------------

Kommentaar

Republikein 2025-12-18

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer