Grappies vir 3 Julie 2020

Van HermanH, uit Daily Groaner, verwerk:

Twee ouens in Brakpan loop mekaar in die straat raak. Een van hulle dra 'n sak. Die een ou vra: “Wat's in daardie sak?” Die ou met die sak antwoord: “Hoenders.” Die ander ou sê: “As ek reg raai hoeveel hoenders in die sak is, kan ek een kry?” Die ou met die sak antwoord: “Ek gee jou albei as jy dit kan raai.” Die ander ou dink en dink, en sê uiteindelik: “Vyf?”

* * *

Uit Clean Laffs:

Volgens ’n koerantberig word baba-name wat op die karakters van die StarWars-flieks gebaseer is, weer baie gewild. Ek voel nou weer, as jy jou baba na 'n karakter in Star Wars vernoem, is jy miskien jy nie gereed om 'n baba te hê nie.' - Jimmy Kimmel

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van ManuB, uit de Druivelaar:

De klant keek heel kritisch naar de kelner die de bestelling kwam opnemenen zich intussen onophoudelijk stond te krabben. “Hebt u soms eczeem?” vroeg hij hem ten slotte. “Als het niet op het menu staat, dan niet,” antwoordde de kelner.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Soortgelyk, uit ons argief:

In die restaurant wil ek 'n melkskommel bestel. “Watter geure het julle?” vra ek die kelnerin. Sy antwoord met 'n hees stem, amper onhoorbaar: “Ons hetlime, tjoklit, vanilla en rasberry...” “Siestog, het jy laringitis?” vra ek besorg. “Nee,” sê sy, ’net lime, tjoklit, vanilla en rasberry. . .'

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Kommentaar

Republikein 2026-07-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer