Grappies vir 29 Mei 2020

Van HermanH:

Nuwe wiskundenavorsing gedoen deur die Universiteit van Zoeloeland het aangetoon dat drie uit elke vier mense 75% van die bevolking uitmaak. -

David Letterman



***

Gister by 'n McDonald's bestel ek tjips. Die meisie by die toonbank vra toe:

'Wil jy tjips daarmee saam hê?' -- Jay Leno



~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van HendrikW:



Ons het ons droomhuis 'n aantal jare gelede gebou en kwaliteitmeubels aangekoop soos ons dit kon bekostig. Gister het 'n afleweringsvoertuig die

laaste aankope, 'n slaapkamerstel, kom aflewer. Opgewonde gaan ek buitentoe en sê vir die bestuurder van die trok: 'Uiteindelik! Ek het 12 jaar vir hierdie meubels gewag!' 'Ek is baie jammer, Mevrou', antwoord hy verskonend, 'maar ek het die bestelling eers vanoggend gekry. . .'



* * *

Uit dierendomein.nl:

Twee slakken staan op de stoep. De ene tegen de andere: 'Kom, we steken over.' De andere: 'nee! Volgende week komt er een bus voorbij!'



* * *

Waarskuwings op produkte, van verskillende bronne op die internet:

* Op 'n stafie Dial-seep: Aanwysings: Gebruik soos gewone seep.

* Op 'n Swan frozen dinners: Opdienvoorstel: Ontvries.

* Op 'n hotel se stortkappie in 'n boksie: Pas slegs op een kop.

Kommentaar

Republikein 2026-08-02

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer