Grappies
Van HermanH, uit Clean Laffs:
United Airlines ondersoek ’n berig dat ’n reusehaas op een van hul vlugte doodgegaan het. Hy word oorleef deur sy vrou en 167 kinders. - Seth Meyers
~~~~~~~~~~~~~~~~~
Die HUB van Eskom, André de Ruyter, het die beheer van Eskom aan sy suster afgestaan. Haar naam is Jennie Ruyter.
~~~~~~~~~~~~~~~~
Van JanB:
’n Getroude man neem sy skelmpie na ’n fliek in ’n mall. Toe hulle uitkom dra beide van hulle maskers. Die man se vrou kom van voor verbygestap en stop glad nie, omrede sy hom nie herken nie. Dit is ’n duidelike bewys van wat ons gesê word: die dra van maskers red lewens.
~~~~~~~~~~~~~~~~~
Van KoosS:
’n Man kla by die dokter: “Ek weet nie wat deesdae met my aangaan nie. Ek vergeet die kleinste dingetjies. Wat kan fout wees met my?” Die dokter stel hom gerus en sê: “Kom ons begin voor. Hoe lank duur die toestand al?” “Watter toestand, dokter?”
~~~~~~~~~~~~~
Wyshede aangestuur deur RonaldR:
* Die lewe se teleurstellings is moeiliker om te verwerk as jy nie enige vloekwoorde ken nie. - Calvin in Calvin & Hobbes
* As jy die eerste keer dit nie regkry nie, verwyder alle bewyse dat jy ooit probeer het. - David Brent
* As jy dink opvoeding is duur, probeer onkunde! - Derek Bok

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie