Grappies

Sanet de Waal
Gesien op Facebook:

My vrou kla dat sy sedert Covid begin het by haar werk seksueel geteister word. Ek moet byvoeg: Sy werk van die huis af.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van HermanH, uit Daily Groaner:

'n Veroordeelde misdadiger het tien jaar sonder parool gekry vir sy jongste misdaad. Na twee jaar in die tronk slaag hy toe daarin om te ontsnap. Sy ontsnapping is die hoofitem op die sesuurnuus. Omdat hy versigtig moes wees sluip hy toe huis toe via agterstraatjies en verlate woonbuurtes, en neem alle voorsorgmaatreëls waaraan hy kan dink. Uiteindelik kom hy by sy huis aan en hy lui die deurklokkie. Sy vrou maak die deur oop en skree dadelik: “Jou slegte nikswerd! Waar was jy? Jy het meer as ses uur gelede ontsnap en jy kom nou eers hier aan!”

~~~~~~~~~~~~~~~

Uit ons argief van September 2011:

Huweliksdefinisies, van HermanH:

* Mevrou: 'n Werktitel wat behels: swaar pligte, ligte verdienste, en geen erkenning.

* Wederhelf: Iemand wat by jou sal staan deur al die moeilikheid wat jy nie sou gehad het as jy ongetroud gebly het nie.

* Vrou: 'n Maat wat kla dat sy nie enigiets het om te dra nie en dat sy nie genoeg plek in haar kas het om al haar klere op te hang nie.

~~~~~~~~~~~~~~~

Wyshede vir die week:

* Die wêreld is vol gewillige mense. Sommige is gewillig om te werk, die res is gewillig om hulle te laat werk. - Robert Frost

Kommentaar

Republikein 2025-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer