Grappies

Sanet de Waal
Van AlidaG:

As jy ooit voel dat jy niks beteken nie, dink hieraan: Dit het 20 jaar geduur, triljoene dollars gekos, en VIER Amerikaanse presidente om die Taliban met die Taliban te vervang. - Norman Finkelstein

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Argief Augustus 2011: Uit amusingquotes.com:

Ek was nog nooit by 'n Al-Qaeda-partytjie nie, maar ek het die uitnodigings gesien. Geen musiek, geen dans, maar “ons belowe die vinnigste gee-die-pakkie-aan speletjie wat jy al ooit gesien het”. - Omid Djalili

* * *

Van HermanH, uit The Mouthpiece:

Facebook het sy sewende verjaardag gevier. Regtig, ek het net onthou dis sy verjaardag omdat ek dit op Facebook gesien het. - Jimmy Fallon

* * *

Uit home.hccnet.nl/r.lamers/moppen 3.htm:

Een man doet’s morgens 2 horloges om. Zijn vrouw vraagt hem waarom hij dat doet. Man: “Nou dan heb ik meer tijd.”

* * *

Van ManuB, uit De Druivelaar:

“Onthou jy nog verlede jaar, toe ek geld geskuld het, en jy vir my geld geleen het?“ “Ja?” “En onthou jy dat ek vir jou gesê het ek sal jou nooit vergeet nie?“ “Ja?” “Wel, ek skuld nou weer geld. . .”

~~~~~~~~~~~~~~~~

Wyshede vir die week:

* Gee toe aan versoekings. Dit gaan dalk nie weer jou pad kruis nie. - Robert A. Heinlein

Kommentaar

Republikein 2025-09-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer