Grappies

Sanet de Waal
Het julle gehoor van die skoenwinkel wat in Durban gestroop is? Hulle het alles gevat behalwe die werkstewels. . .

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Ingestuur deur my gawe vrou:

Ek leer elke dag iets nuuts! Het jy geweet dat soveel as agt jakkalse nodig is om EEN pelsjas te maak? En ek het nie eens geweet dat jakkalse naaldwerk kan doen nie!

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van HermanH:

Die blonde Sofie kom kuier vir haar tannie. Haar tannie vra: “Hoe lyk dit met 'n koppie koffie?” Die blondine: “Dankie Tannie, dit sal lekker wees.” Die koffie is baie lekker en Sofie komplimenteer haar tannie. Tannie: “Ja nè, jou oom het dit van Brasilië af saamgebring op sy vorige sakereis.” Sofie: “Haai Tannie, en dis nog steeds so lekker warm!”

~~~~~~~~~~~~~~~~

Van ManuB, uit De Druivelaar (argief Augustus 2011):

Een 70-jarige miljonair is zopas in het huwelijk getreden met een 20-jarige schoonheid. Jij, oude slimmerik, zegt zijn vriend, hoe ben je aan zo'n knappe jonge vrouw geraakt? Antwoordt de miljonear, ik heb haar verteld dat ik 95 ben.

~~~~~~~~~~~~~~~~

Wetenskaplikes het 'n manier ontdek om menslike weefsel op appels te laat groei. Nou is die enigste ding wat hulle ook moet ontdek 'n REDE om menslike weefsel op appels te laat groei. - Conan O'Brien

~~~~~~~~~~~~~~~~

Kommentaar

Republikein 2025-09-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer