Grappies

Sanet Pearson
Die afgelope week gehoor:

* My Engels is soos my lugtyd - dit raak net skielik op.

~~~~~~~~~~~~~~~

Mediese grappies:

Nadat my vrou per ongeluk my prostaatmedikasie ingesluk het, het ek 'n apteker gebel om te vra of daar rede tot kommer was. Hy het geantwoord: “Slegs as sy by hardewarewinkels begin rondhang en baie kraggereedskap koop.”

* * *

Ek was in die ongevalle: Verpleër: “Het jy al ooit 'n histerektomie gehad?” Ek: “Ja.“ Verpleër: “Wanneer?” Ek: “2011.” Verpleër: “Dink jy dat jy swanger kan wees?” Ek: “Dink jy dit is die regte loopbaan vir jou?”

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van ManuB, uit De Druivelaar:

Die arme Jansen heeft geen geIuk gehad met de tombola. Hij heeft een vette gans gewonnen, een fles whisky en een kist sigaren. - En dat noem jij geen geluk hebben? - Ja, want hij is vegetarier; geheelonthouder en hij rookt niet.

~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit ons argief:

Gatiep staan by die stopteken en bedel met 'n blikkie in sy hand. 'n Ou kom verby en gooi ietsie in die blikkie. 'n Week later vind hy Gatiep met twee blikkies. Die ou kom weer daar verby en vra: “Nou hoekom het jy dan nou twee blikkies?” “Nee,” antwoord Gatiep, “My business doen so goed toe maak ek ma nog 'n branch oop.”

* * *

Kommentaar

Republikein 2026-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer