Grappies

Sanet de Waal
Van ManuB, uit De Druivelaar:

Dichter: “Ik heb veel vuur in mijn verzen gelegd!” Redacteur: “Omgekeerd was beter!”

***

Patiënt: “Mijn zoon gedraagt zich slecht. Hij bezorgt me heel veel last en verdriet.” Psychiater: “Je moet hem eens flink aanpakken en op zijn plichten wijzen.” Patiënt: “Maar hij wil naar geen verstandig woord luisteren! Zou u eens met hem willen praten?”

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Ons dokterskantoor het gebel om my man te laat weet dat die resultate van sy bloedtoetse teruggekom het en dat dit goed was. Dit het my man nie gepas nie. “Wat is my cholesterolvlak?” vra hy. “Mnr. Crocker, dit gaan goed met jou,” dring die verpleegster aan. “Ek wil tog hê dat jy die resultate aan my stuur.” 'n Paar dae later het hy 'n poskaart van die dokter se kantoor ontvang.

Dit lui: “Mnr. Crocker, dit gaan goed met jou!”

* * *

My paramediese span is na noodgevalle ontbied. Voordat ons die pasiënt hospitaal toe geneem het, het ek 'n vraag aan sy vrou gehad: “Het u man enige hartprobleme?” vra ek. “Ja,” het sy met kommer gesê. “Sy kardioloog is pas dood.” - Aaron Webster

* * *

Dokter sê vir sy pasiënt: “Daar is goeie nuus en slegte nuus. Die slegte nuus is dat jy gedeeltelike korttermyngeheueverlies het.” Pasiënt: “Ag nee, dokter. Wat is die slegte nuus?”

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Kommentaar

Republikein 2026-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer