Grappies

Sanet de Waal
Van ManuB, uit De Druivelaar:

Dichter: “Ik heb veel vuur in mijn verzen gelegd!' Redacteur: 'Omgekeerd was beter geweest.”

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van HermanH, uit Clean Laffs:

Julle weet mos hoe hulle in graad 1 vrugte gebruik het om dinge soos “een piesang plus twee piesangs = drie piesangs” te verduidelik? Hier is 'n lys van wiskundekursusse op hoërskool gebaseer op piesangs:

Algebra

Jy het 'n negatiewe piesang (moontlik van antimaterie). Voeg twee piesangs daarby en jy kry een piesang.

Jy het 'n piesang. Faktoriseer dit, of los appels op met die kwadratiese formule.

Meetkunde

Bewys: Piesangs is nie groente nie. Gegee: Piesangs is vrugte.

Algebra II

Die student leer dat hul drome werklikheid sal word as hulle dit net tot die vierde mag verhoog.

Calculus AB

Die student leer om die helling van 'n piesang te vind.

~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van DelenevEdW:

As jy bene uit vleis uitsny, dan ontbeen jy dit, reg? As jy vir `n dier medisyne ingee om van die wurms in sy pens ontslae te raak, ontwurm jy hom en as jy `n voorreg van iemand wegvat omdat hy argumentshalwe stout was, ontneem jy hom van sy voorreg om bv televisie te kyk. Nou wil ek graag verstaan hoekom, as jy lekker gebakte eiers met spek en roosterbrood in die oggend eet, waarom noem hulle dit ontbyt?

* * *

Kommentaar

Republikein 2026-05-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer