Grappies

Sanet de Waal
Van HermanH, uit Clean Laffs:

'n Man en sy pel loop by 'n skaal verby. “Kyk, 'n skaal,” sê die man vir sy pel.

“Kom ons kyk hoe my nuwe dieet uitwerk.” Hy klim op die skaal. “Ek kan dit nie glo nie!” sê hy, “Ek is al twee weke op hierdie dieet, maar volgens die skaal is ek swaarder as voorheen! Hoe kan dit wees?” Hy trek toe sy baadjie uit en gee dit aan sy pel. “Hier, hou my baadjie vas,” sê hy. Nie veel verandering nie. “Hier,” sê hy weer, “Hou ook my pak donuts.”

* * *

'n Nuwe studie het bevind dat dit goed kan wees om aknee te hê, want dit beskerm jou vel teen veroudering. En toe was tieners soos: “Op die oomblik voel dit net asof dit my teen meisies beskerm!” - Jimmy Fallon

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit ons argief van Februarie 2011:

(Afrikaners: hout hakken = houtkap)

'Ik zag je vorige week samen met je vrouw in de tuin hout hakken. Hebben jullie je dan eindelijk verzoend?' 'Verzoend? We waren de meubels aan het verdelen!'

* * *

Van KoosS:

Die blondine is besig om ’n TV te koop en vra: “Het julle kleur-TVs?”

“Natuurlik”, sê die verkoopsman. Die blondine sê: “Gee my `n groene asseblief!”

* * *

Wyshede vir die week:

* Onthou: Die ekonomie hang net soveel van ekonome af as die weer van

weervoorspellers. - Jean-Paul Kauffmann

* Die beste manier om kinders van belasting te leer, is deur 30% van hul roomys te eet. - Bill Murray

Kommentaar

Republikein 2025-12-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer