Grappies
Grappies uit RD.com:
My 85-jarige oupa is met moontlike harsingskudding na die hospitaal gehaas. Die dokter daar vra hom 'n reeks vrae om te toets of hy compos mentis is: “Weet u waar u is?” “Ek is in die Rex-hospitaal.” “In watter stad is u?” “Raleigh.” “Weet u wie ek is?” “Dr. Hamilton.” My oupa draai toe na die verpleegster en sê: “Ek hoop nie hy vra my nog meer vrae nie.” “Hoekom?” vra sy. “Omdat al die antwoorde op sy vrae op sy naamplaatjie is.” - Webb Smith
* * *
Toneel: Met 'n pasiënt in my spreekkamer. Ek: “Hoe oud is u kinders?”
Pasiënt: “Van my oorlede vrou 44 en 39, en van my tweede vrou, 15 en 13.” Ek: “Dit is nogal 'n groot ouderdomsverskil!” Pasiënt: “Wel, die ouer kinders het my geen kleinkinders gegee nie, toe maak ek maar my eie.” - Maria Murillo
~~~~~~~~~~~~~~~~~
Grappies uit ons argief:
Eerste boer: “Ek het 'n natuurlike frats op my plaas: 'n skaap met twee bene.”
Tweede boer: “Ja, ek weet. Hy het gisteraand by my dogter kom kuier.”
* * *
Die meisietjie klim op Sinterklaas se skoot. Sinterklaas: “En wat wil jy hê vir Kersfees?” Dogtertjie (geskok): “Het oom Sinterklaas nie my e-pos gekry nie????”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie