Grappies

Sanet de Waal
Gesien op FB:

Ek verstaan nou hoekom Noag net diere op die ark toegelaat het.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van HermanH, uit Clean Laffs:

Twee vroue van Minnesota wil 'n klag lê van onregverdige diskriminasie. Wat het gebeur? Wel, hulle was by 'n openbare swembad waar hulle hul babas geborsvoed het. Die swembadtoesighouers het toe die polisie laat kom. Wat nog erger is, is dat die babas nou aangekla gaan word dat hulle onwettig verversings van buite af ingebring het. - Seth Meyers



* * *

Die maatskappy wat Ritz Crackers vervaardig het weens salmonellabesoedeling 16 produkte onttrek, insluitende Ritz Cheese Cracker Sandwiches. Daar is beslis 'n oomblik toe jy siek gevoel het en gewonder het: “Is dit omdat ek salmonella ingekry het, of is dit omdat ek 'n hele boks Ritz Cheese Cracker Sandwiches opgeëet het?” - James Corden

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Uit quotes.thefamouspeople.com:

* Ek het 'n deel daarvan volledig deurgelees.

* As ek verward lyk is dit omdat ek dink.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Deur MarithaS:

* Onthou, as jy 'n sokkie in die wasmasjien verloor kom dit terug as 'n Tupperware-deksel wat op geen bak pas nie.

* Hoe ouer ek word, hoe vroeër word dit laat.

* As ek sê: “nou-die-dag”, beteken dit enigiets tussen gister en 15 jaar gelede.

--------------------

Kommentaar

Republikein 2025-12-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer