Grappies

Van HermanH, uit Clean Laffs: Ek is 'n adjunkbalju toewys aan hofgebou-sekuriteit. As deel van my werk verduidelik ek hofprosedures aan besoekers. Eendag neem ek 'n groep graad 9's op toer in die hofgebou. Die hof was in reses en net die klerk en 'n jong man in aanhouding en boeie was in die hof. “Dit is waar die regter sit,” begin ek, wysende na sy bank. “Die regsmense sit by hierdie tafels. Die hofklerk sit daar. Die hofrekordhouer sit hier. Naby die regter staan die getuie en daar is waar die jurie sit. Soos julle kan sien,” sluit ek af, “is daar baie mense wat hierdie stelsel laat werk.” Toe lig die gevangene sy geboeide hande en sê: “Ja, maar ek is die ou wat alles laat gebeur!”

* * *

In Wes-Virginia is 'n man inhegtenis geneem wat verskeie opblaaspoppe gesteel het. Na berig word, het die polisie nie die geringste probleem gehad om hom te vang nie. Hy was heeltemal uitasem. - Conan O'Brien

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van AndriesH: Moenie toelaat dat hulle jou temperatuur teen jou voorkop meet as jy in die winkel instap nie. Dit vernietig jou geheue. Ek het melk en kaas gaan koop en toe met twee kaste bier by die huis gekom.

~~~~~~~~~~~~~~

Van ManuB, uit De Druivelaar: Die sokkerspeler kom tuis en sê entoesiasties vir sy vrou dat hy twee doele in die wedstryd aangeteken het. “Baie geluk! Ek is trots op jou! En wat was die telling?” vra sy. “1-1,” antwoord hy.

* * *

Kommentaar

Republikein 2025-12-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer