Grappies

Van ManuB, uit De Druivelaar:

Sjinees aan sy kollega: 'Hoe was jou vakansie in Europa?' Kollega: 'Weet

nie, ek het nog nie die foto's bekyk nie...'

* * *

Psigiater aan sy kollega: 'Hoe gaan dit met jou pasiënt wat dink dat hy Jacob

Zuma is?' Kollega: 'Heelwat beter. Hy dink nou al dat hy Nelson Mandela is.'

* * *

Man (aan de telefoon): En wie is de verantwoordelijke in uw departement?

Bediende: Als u diegene bedoelt die altijd van alles de schuld krijgt, dan

spreekt u ermee, mijnheer.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Van GerhardM:

Kerke is nou oopgestel vir maksimum 50 mense op 'n slag. Dominee vat die

50 mense wat die meeste skinner in die kerk... hulle sal vir seker die boodskap versprei!

~~~~~~~~~~~~~~~~~~

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Gesien op die internet:

Die mens het al veel uitgevind! Koffie sonder kaffeïen; bier sonder alkohol;

nou nog net 'n PARLEMENT SONDER DIEWE.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Wyshede en diep vrae vir die week, oor ouderdom:

* Hoe jonk kan jy van ouderdom doodgaan? - Steven Wright

* As jy 100 kan haal het jy dit gemaak. Baie min mense sterf ná daardie

ouderdom. - George Burns

* Jy weet jy word oud wanneer jy afbuk om jou skoenveters vas te maak en

wonder wat jy nog kan doen terwyl jy daar is. - George Burns

------------------------

Kommentaar

Republikein 2026-07-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer