Gesondheidswerkers, leerlinge, onderwysers en versorgers by ouetehuis deel van 147 nuwe gevalle

Henriette Lamprecht
Tien gesondheidswerkers, 16 leerlinge, ses onderwysers en ses versorgers by 'n ouetehuis in Swakopmund is deel van die 147 nuwe gevalle wat vandag aangekondig is. Die getal Covid-19-verwante sterftes het ook met vyf opgestoot tot 364. Dit sluit drie van Windhoek waaronder 'n 17-jarige seun en een in Keetmanshoop in.

Uit die 147 nuwe gevalle is 31 in Windhoek en Oshakati, 19 in Swakopmund en 11 in Eenhana aangeteken. Nog 95 mense het herstel wat die totaal op 32 872 en 'n herstelkoers van 95% te staan bring. Dit sluit 26 in Ohangwena, 23 in Khomas, 13 in Hardap, 11 in Otjozondjupa, 10 in Omusati en ses elk in onderskeidelik Kunene en Omaheke in.

Die aktiewe gevalle staan op 1 277 waarvan 145 in die hospitaal en 13 in intensiewesorgeenhede (ICU's) is. In Windhoek is 52 in die hospitaal en 8 in die ICU, terwyl Erongo 28 in die hospitaal en drie in ICU het.

Tot op hede is 270 668 weefselmonsters getoets, 3 635 kontakte word gemonitor en 1 008 mense is in kwarantyn.

Kommentaar

Republikein 2025-12-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer